Anne Barnard

Anne Barnard
Gebore12 Desember 1750
Balcarres House, Skotland
Sterf6 Mei 1825
NasionaliteitSkot
BeroepDigter, beeldende kunstenaar
Bekend virSouth Africa a Century Ago
Auld Robin Gray
TitelLady
EggenootAndrew Barnard

Lady Anne Barnard (12 Desember, 17506 Mei, 1825) was 'n Skotse digteres en brieweskryfster. Lady Anne Barnard was een van die ou Kaap se mees omstrede vroue en het baie gedoen om die verskillende bevolkingsgroepe, ná die Britse besetting van die Kaap in 1795, nader aan mekaar te bring. Sy was spitsvondig, geseënd met 'n buitengewoon fyn humorsin en 'n begaafde skryfster. Haar talle sketse, aantekeninge, dagboeke en briewe het baie lig gewerp op die lewe van die inwoners van die Kaap van daardie tyd, en is in 1901 uitgegee onder die titel South Africa a Century Ago.[1] Dit was van besondere nut vir latere historici en navorsers wat 'n getroue beeld van die Kaap wou gee. 

Lady Anne Barnard was ’n sosiale vlinder, maar ook ’n knap reisskrywer en kunstenaar. Barnard was die oudste dogter van die Graaf van Balcarres in Skotland. As lady Anne Lindsay het sy die ballade Auld Robin Gray in 1772 geskryf. Dit besorg later aan haar letterkundige onsterflikheid.[2]

  1. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8
  2. Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy